Letras Web

Bitterbessie dagbreek

Chris Chameleon

6 acessos

Bitterbessie dagbreek
Bitterbessie son
'n spieël het gebreek
Tussen my en hom
Soek ek na die grootpad
Omdaarlangs te draf
Oral draai die paadjies
Van sy woorde af
Dennebos herinnering
Dennebos vergeet
Het ek ook verdwaal
Trap ek in my leed
Papegaai-bont eggo
Kierang kierang my
Totdat ek bedröe
Weer die koggel kry
Eggo is geen antwoord
Antwoord hy alom
Bitterbessie dagbreek
Bitterbessie son

Top Letras de Chris Chameleon

  1. Wagtyd
  2. Stapelgek
  3. Hartlam
  4. Die onverkrygbare
  5. Groet
  6. Jy't my gekierang
  7. Kwaad
  8. Die lied van die gebreekte riete
  9. As jy slaap
  10. Korreltjie sand